YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir ’n Nuwe DagSample

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAY 14 OF 14

Jy’s deel van God se Hoop-lyn Het jy al daaraan gedink dat jy integraal deel is van God se groot storielyn van die lewe? Dat Hy lank gelede jou karakter uit die pen van sy hart geskep het en aan jou die geleentheid gee om saam te skryf aan sy verhaal van hoop vir hierdie wêreld? Wanneer hierdie gedagte regtig insink, voel ’n mens amper stom. Onbevoeg om enigsins deel te wees van ’n heilige God se manier van doen. Tog is dit die waarheid dat Hy nog deur al die eeue vir gewone mense soos Moses, Josua, Ester, Maria, Petrus, Paulus … mense soos ek en jy, karaktereienskappe kan gee wat ander kan lei, sy liefde kan demonstreer en sy soort hoop kan uitdeel. Onthou: Jy is deel van die Groot Verhaal van Hoop. Hou daarom vas aan jou Outeur. En gaan skryf voort aan sy verhaal van hoop vir hierdie wêreld. SKRYF ASSEBLIEF VOORT AAN MY LEWE, GROTE SKEPPER EN ONDERHOUER. Hierdie oordenkings is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture

Day 13

About this Plan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy