YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir ’n Nuwe DagSample

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAY 7 OF 14

Wanhoop is nié die laaste woord nie! Dit was ’n moedelose miserabele tyd: Die volk van God is weggevoer Baäl toe en moet onder die juk van die vyand – vêr weg van hul tuiste, Jerusalem – oorleef! Dis in hierdie omstandighede wat Jeremia aan die “verlore-voel-volk” skryf. Eers sê hy prontuit dat hulle moet aanvaar dat hulle ’n baie lang tyd in gevangeneskap gaan wees, maar sê hy, daar sal ook ’n dag kom wat God hulle weer met vreugde na Jerusalem toe sal laat terugkeer. Intussen, sê hy, moet hulle ook in die nóú leef. Hulle moet hul ook beywer om hier in die skynbaar God-lose wêreld, voluit te bly lééf. Daar is twee foutiewe vorme van hoop: valse hoop en wanhoop. Valse hoop soek na wêreldse strooihalms wat nie bestaan nie. Wanhoop gee op. Wáre hoop weet: God is ook nou, in hierdie tyd … hierdie oomblik … bý my. Daarom kan ek – ondanks – dag vir dag wel lééf. ALMAGTIGE, GEE AAN MY WÁRE-HOOP-MOED VIR NOU!
Day 6Day 8

About this Plan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy