YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir ’n Nuwe DagSample

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAY 1 OF 14

Lê kaalvoet in sy hart Ons almal wil ’n nuwe jaar of tydperk in ons lewe met hoop begin. Hoop en verwagting. Hoop is nie ’n hoëhakskoene-ding en gegrimeerde gesig waarin jy probeer voorgee dat alles reg is nie. Veel eerder is ware hoop ’n kaalvoet-iets. Dis om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om sonder pretensie te erken dat die lewe soms vir jou te veel is, maar dan wel dapper genoeg te wees om voort te gaan. Hoop is om in stormwindtye stille rus te ervaar in die wete dat sy genade weer vrede sal bring. Hoopdraers is mense, soos jy, wat ook die skerp klippe onder jou voete voel, soms moeg word op die reis en ook onseker voel oor die donker, maar wat dan kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Mag jy elke dag beleef dat daar ’n genade-God is by wie jy die skoene van jou hart kan uitskop en dan kaalvoet in die holte van sy hart gaan lê. VADER, EK KIES HOOP. HOOP WAT TUIS IS BY U.

Scripture

Day 2

About this Plan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy