YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 18 OF 20

KERKLEWE 'n Gesonde kerklewe is ‘n integrale deel van ons geestelike lewe met die Here. Dit is net so belangrik as wat gebed en die studie van die Woord van God is. Ons verhouding met Jesus vind uitdrukking in ons verhoudings met ander gelowiges. Laat my toe om jou so bietjie te motiveer met van die voordele van geestelike familie. 1\. Ons almal het ondersteuning nodig op ons pad wat ons saam met die Here loop. Dit maak ons vriendskap met ander gelowiges krities belangrik. Paulus praat ‘n paar keer van die feit dat ons soos verskillende lede van ‘n liggaam aan mekaar behoort. (Kyk gerus na Efesiërs 4:16.) 2\. Jou groei en ontwikkeling word versnel in die liggaam van Christus, wat as die kerk bekend staan. Ons sien in dieselfde skrifgedeelte dat " die liggaam homself opbou in liefde", as ons toelaat dat ons lewens vasgroei aan ander gelowiges. Jou belewenis van God sal beslis verryk word wanneer jy saam met ander Christene vergader vir Bybelstudie, aanbidding en natuurlik om saam uit te reik na ander. 3\. Saam bring ons die lig van Jesus na ons wêreld. Ons vorm ‘n span, wat die positiewe invloed van ons geloof in die samelewing vestig. Matteus 5:14: “Julle is die lig vir die wêreld.” Die kerk skyn die lig van Jesus se lewe op die mense in ons gemeenskappe. Hier is ‘n paar wenke as jy wil inskakel by ‘n gemeente. In Handelinge 2:42-47 lees ons dat die eerste groep gelowiges gereeld bymekaar gekom het in twee groepe: 1\. Hulle het in groot groepe by die tempel vergader vir die lering van die apostels. 2\. Hulle het in huise vergader vir nagmaal en geestelike gemeenskap. Ons geniet soortgelyke insette as ons weekliks (meestal op Sondae) bymekaarkom vir lering en aanbidding. Maar ek wil jou verseker dat kerklewe nie sy volle potensiaal beleef as jy nie ook in ‘n kleingroep inskakel nie. Dis in die kleingroep waar jy meer persoonlike ondersteuning en groei gaan beleef. Onthou net dat Christene glad nie perfek is nie. Wees voorbereid dat mense jou soms sal teleurstel en selfs seermaak, maar dis juis in die op en af van geestelike familielewe wat ons die beste groei beleef. ‘n Laaste opmerking is dat die kerk nie bestaan net vir haarself nie. Die vriendskappe en die familiegevoel het ‘n baie groter doel. Ons is hier vir die impak wat ons in ons gemeenskap kan maak. ‘n Gesonde kerk het ‘n groot impak op haar dorp of stad. Jesus se koninkryk word sigbaar soos wat ons in ons huise en werksplekke en samelewing sy waardes gaan vestig. Verklaring: "Ek is ‘n aktiewe deelnemer in die lewegewende kerk van Jesus Christus." Aksiestap vir vandag: Maak ‘n lys van die aktiwiteite van die eerste kerk soos ons dit in Handelinge 2:42-47 lees.
Day 17Day 19

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy