YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 19 OF 20

WAT AS EK STRUIKEL? Elke gelowige kom soms op ‘n plek waar ons foute maak en selfs struikel as gevolg van twyfel. Ons het reeds bevestig dat ons kinders van God is. Dit is ons nuwe identiteit, maar dit beteken nie dat ons nie weer foute gaan maak nie. As ons sondig, sal dit waarskynlik normaal wees dat ons skuldig sal voel en ook soos Adam en Eva wil wegkruip. Ons moet egter die waarde ontdek om eerder na die Here toe te hardloop as weg van Hom af. 1 Johannes 1:9: As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. Ons moet God self toelaat om ons sondes te vergewe en ook ons daarvan te reinig, soos Hy belowe het in hierdie gedeelte. Dis regtig ‘n wonderlike versekering wat ons het! ‘n Kind wat weet dat sy pa hom liefhet, sal verseker na sy pa toe gaan as hy drooggemaak het. Ons het hierdie versekering, dat ons goeie Vader die enigste een is wat ons regtig kan help as ons foute gemaak het. Dalk het jy ook ‘n vraag oor hoe om ou vriendekringe te hanteer. Daar mag dalk vriende en plekke wees wat jou kan aftrek as jy nie sterk genoeg is om dit te weerstaan nie. Dis dalk ‘n beter idee om jouself ‘n tydlank met ander gelowiges te omring, totdat jy sterk genoeg voel om jou ou vriende in die oë te kan kyk. Vir die toekoms wil jy egter kontak met hulle behou, want hulle het ook die nuwe lewe van Jesus nodig. Dalk gaan Jesus juis jou storie wil gebruik om hulle te bereik. Kom ons praat dan ook so bietjie oor twyfel. Dit is normaal dat jy soms sal wonder of jy werklik ‘n kind van God is en selfs soms of God werklik bestaan. Daarom waardeer ons hierdie bemoedigende storie van Thomas (in Johannes 20). Hy het geweier om te glo, sonder dat hy sien en voel dat Jesus werklik opgestaan het. Jesus het hom nie uitgetrap daaroor nie. Hy nooi hom om met sy eie hande te kom voel aan die merke van die kruisiging. Dis hoekom ons jou aanmoedig om na die Here toe te gaan met jou twyfel, as dit dalk oor jou pad sou kom. Die duiwel sal vir seker skuldgevoelens en twyfel soos ‘n wapen teen jou wil gebruik. Neem vrymoedigheid om jou Vader te vra as jy bewyse nodig het in tye van twyfel. Ek het elke keer wat ek ‘n mate van verwarring beleef het gevra, en elke keer het ons Vader al my twyfel kom aanspreek. Ek waardeer ook die ander gelowiges rondom my, want hulle help my gereeld met goeie perspektief. Verklaring: "Ek kan foute maak soos ek groei in my geloof." Aksiestap vir vandag: Maak 'n lys van sekere van die foute en twyfel wat jy alreeds beleef het en begin met jou Hemelse Vader daaroor gesels.
Day 18Day 20

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy