Wees DapperSample


Lees: 1 Petrus 4:8-10, 1 Korintiërs 12:4-7
SOAP: 1 Korintiërs 12:4-7
My dogter het onlangs 'n paar van haar vriendinne uitgenooi om te kom oorslaap by ons huis. Nadat die meisies pizza geëet het en hulle nagklere aangetrek het, het ek gesien hoe hulle rondom ons klavier bymekaar kom. Ek was in die ander vertrek toe ek skielik agterkom dat hulle gegiggel stil geword het en in plaas daarvan hoor ek musiek en sang. Toe ek inloer om te sien wat hulle doen, was dit ‘n pragtige gesig. Een meisie het die klavier gespeel, drie ander meisies het in harmonie gesing, twee meisies het 'n liriese dans gedoen, en 'n ander meisie het 'n video van dit alles geneem. Ek was getuie van God se unieke gawes!
Dis dieselfde met geestelike gawes: God werk op verskillende maniere in ons almal. Ons is almal deur God geseën met 'n unieke gawe of talent, sodat ons mekaar kan help en 'n verskil in die wêreld kan maak. Wanneer ons ons gawes op ‘n dapper manier gebruik, word God verheerlik en word ons verenig. Net soos die meisies in my woonkamer, werk die gawes wat aan ons gegee is, saam om God se doel te bereik. Ons almal se gawes is uniek, maar kom van dieselfde Gees. Ons daad van dapperheid is om vreugdevol te wees terwyl ons die gawes wat God ons gegee het, gebruik!
Hemelse Vader, dankie vir die unieke gawes wat U vir my gegee het. Dankie vir geleenthede waar ek my gawes kan gebruik om U te verheerlik en ander te help. Wys my hoe dit is wanneer ons almal ons verskillende gawes gebruik om U te dien. In Jesus se Naam, Amen.
Scripture
About this Plan

Daar is nie 'n vrou wat nie worstel met vrees nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees. In hierdie ses-weke studie gaan ons ons gedagtes fokus op God se Waarheid en die krag verkry wat ons nodig het om te kies om dapper te wees.
More
Related Plans

Into the Waters of Baptism

Redeeming Reign

The Full Effect of Redemption

Leading Through Change

A Prayer for Lent

Impossible Faith: Four Inspiring Studies From the Persecuted Church

Well-Paid but Enslaved: Escaping Career Traps by Patrick Omukhango

Mentally Healthy in an Unhealthy World

Acts: The Gospel Spreads (Acts 3-7)
