Leesplan inligting

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

DAG 6 VAN 14

Eensaam


Hoe en waar kry jy troos wanneer jy eensaam is? Wat doen jy as jy nie nog een dag van eensaamheid kan verduur nie? Party van ons kry vertroosting in kos. Ander vraatkyk 'n reeks op Netflix. Party van ons probeer die leemte in ons siele vul met 'n geestelike aktiwiteit. Ons sluit by nóg 'n selgroep aan in die hoop dat ons sal vergeet van ons eensaamheid deur besig te bly. Maar as jy op soek is na antwoorde vir jou eensaamheid, is dit nou die tyd om jou pogings te staak om jouself af te stomp vir jou omstandighede of jouself te ooreet of ander maniere te soek om jouself te probeer help. Eensaamheid is pynlik, maar God se teenwoordigheid is jou enigste hoop op genesing. Hy is die antwoord wat die leemte in jou siel sal vul in jou tye van eensaamheid. Hy is altyd nader as wat jy dink en Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Hy het belowe om jou nooit te verlaat nie en Hy is net 'n sagte gebed weg van jou af. In plaas daarvan om jou eensaamheid te vermy, sien eerder jou eensaamheid as 'n uitnodiging na die teenwoordigheid van God toe. Jy sal uitvind dat God baie meer liefdevol en barmhartig is as wat jy Hom voorgestel het om te wees. Hy is die rots wat altyd vas staan en waarop jy altyd kan leun.



Vrae: 


Wat doen jy as jy alleen is? Waarheen gaan jy vir troos? Kan jy dink aan tye wanneer jy die meeste geneig is om eensaam te voel? Maak dan planne om in sulke tye eerder God en sy Woord te soek as om jouself te probeer help.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hie...

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid