Leesplan inligting

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

DAG 14 VAN 14

Oorgawe 

Het jy 'n behoefte daaraan om bruikbaar in die koninkryk van God te wees, maar jy is nie seker waar jy inpas nie? Een van die grootste leuens wat enkellopende Christene glo, is dat God jou nie kan gebruik in die proses om sy koninkryk uit te bou totdat jy getroud is nie, of dat jy om een of ander rede meer waarde kan toevoeg tot die koninkryk van God as jy eers getroud is. Dit is baie ver van die waarheid verwyder. Die Bybel is vol voorbeelde van enkellopende mense wat deur God gebruik is om die wêreld te verander: Jeremia, Elia, Mirjam, Paulus, Maria, Marta en Lasarus. Selfs Daniël was enkellopend. So ook Nehemia. God is nie op soek na mense wat 'n vol en besige sosiale lewe het of in 'n gesonde huwelik is nie. Nee. God soek die man of vrou wat bereid is om te sê: "Ja, Here, ek sal gaan waarheen U my stuur en doen wat U wil hê ek moet doen.” Jy het nie toestemming nodig om oor te gee aan God en sy Woord te gehoorsaam nie. Jy het net 'n gewillige hart nodig. God kan vir jou enige tyd 'n lewensmaat kry. Hy het dit vir Adam gedoen terwyl hy geslaap het. Al wat God van jou verlang, is jou bereidwilligheid om "ja" te sê. Die beste gedeelte van oorgawe aan God is dat dit die weg na vreugde is. Wanneer jy jou wil en weë eenkant toe skuif en aan God oorgee, gaan jy seën en vreugde ervaar. In jou oorgawe aan God gaan jy floreer.


Vrae: 

Is daar nog iets spesifiek in jou lewe wat jy aan God moet oorgee? Is jy bereid om dit te doen? 


 Leer meer:

Indien jy hierdie leesplan geniet het, sal jy hou van Lina AbuJamra se boek, Thrive. The Single Life as God Intended, waarop hierdie leesplan gebaseer is. Klik hier om meer  te wete te kom. 


Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hie...

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid