Leesplan inligting

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

DAG 9 VAN 14

Selfbejammering


Voel jy ooit onsigbaar? Dit gebeur met my. Meer kere as wat ek dit wil erken. Ek voel gereeld onsigbaar — en nie soos een of ander superheld in 'n strokiesprent nie. Ek wonder baie kere of enige iemand my, as 'n enkellopende Christen, opmerk. Selfs in die kerk. Wanneer ek ooit op 'n plek in my gemoed kom waar ek vergete en alleen voel, dan dink ek aan Hagar. Hagar se verhaal is interessant. Sy is die vrou wat swanger geraak het met Abraham se kind toe hy moeg geraak het om op God se plan vir sy lewe te wag. Dinge het baie vinnig vir Hagar moeilik geraak en sy is uit haar huis geskop. Gebroke en alleen het Hagar haarself by 'n fontein in die woestyn bevind. By die fontein het sy onsigbaar en teneergedruk gevoel. Toe daag daar 'n engel van die Here op. Die Here het Hagar se pyn gesien en Hy het haar jammer gekry oor die omstandighede waarin sy haarself bevind het. Toe het God oorvloedige beloftes vir 'n hoopvolle toekoms aan Hagar gemaak. Hagar was so diep geraak deur die liefde wat God aan haar bewys het dat sy die fontein “Beer Lahai Roi“ genoem het. Dit beteken “die fontein van Hom wat lewe en my sien”. Miskien voel jy nou onsigbaar en vergete. Jy het nie nodig om jouself jammer te kry nie. Daar is 'n God wat jou sien. Hy ken jou naam en weet waar om jou in jou gebrokenheid te kry. Boonop is die beste nuus dat Hy jou nooit gaan los nie. 



Vrae: 


Wanneer voel jy buitengewoon onsigbaar en vergete? Hoe kry jy moed en krag om die dag tegemoet te gaan in die wete dat die Here jou sien?


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hie...

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid