Leesplan inligting

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

DAG 7 VAN 14

Wagtend


Nadat ek onlangs by 'n geleentheid vir enkellopendes gepraat het, kom 'n vrou na my toe en sê vir my: "Ek het baie van jou boodskap gehou. Ek wag nog vir die Here, maar ek is moeg gewag." Ek het verstaan wat sy bedoel. Wag op sigself is baie moelik vir vele van ons. Maar dit is die onsekerheid oor wanneer die wag veby gaan wees wat ons heeltemal uitput. Ons wag en weet glad nie wanneer die wag verby gaan wees nie. Skielik is elke tree wat ons gee uiters moeisaam. Dit voel of God nie ons gebede hoor nie. Ons voel baie ver van God verwyder. Jy ken die gevoel. Jy hét al so gevoel, of miskien is jy op die oomblik moeg gewag.  Ons is nie alleen hierin nie. 'n Hele paar van die Bybelse karakters het dit ook beleef. Abraham was al baie oud toe God uiteindelik vir Isak vir hom gegee het. Moses het vir 40 jaar in die woestyn rondgetrek. Saul het ook moeg geraak en sy impulsiwiteit het hom sy koninkryk gekos. En so kan ek aangaan. Dit is algemeen om moeg te raak vir wag. Maar as dit reg hanteer word, hoef dit nie noodlottig te wees nie. In 1 Samuel 30:6 het Dawid ook moeg geraak om te wag. Maar daar is net een ding wat Dawid kon doen om hom in sy moegheid te help. Hy het krag gevind in die Here. Hy het na God toe gegaan en by Hom geskuil tot die oorwinning behaal is. As jy moeg gewag is, wil jy nie ook vandag jou krag in die Here kry nie? Wil jy nie by Hom skuil tot jy die oorwinning behaal het nie? Wanneer jy in God se teenwoordigheid skuil, gaan jy agterkom dat Hy alles is wat jy nodig het en nog meer.



Vrae:


As jy aan wagtydperke in jou lewe dink, is daar praktiese maniere hoe jy na die Here kan draai om die krag te kry om elke dag in die gesig te kyk en aan te gaan?


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hie...

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid