Leesplan inligting

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

DAG 5 VAN 14

Verwagtinge


As ek eerlik moet wees, moet ek erken dat ek nooit in my lewe gedink het dat ek 'n boek oor enkellopendes sou skryf en boonop 'n daaglikse radioprogram vir enkellopendes sou aanbied nie. Ek veronderstel dat ek in my diepste wese gedink het ek sal eendag, uiteindelik, trou. Die laaste ding wat ek wou gehad het, was om lid en voorsitter van die "klub vir lewenslange enkellopendes" te wees. En hier is ek vandag, besig om te doen waarvan ek hou en ek geniet elke oomblik daarvan. Verwagtinge kan vernietigend wees as mens nie versigtig daarmee omgaan nie. Miskien het jy nooit gedink jou lewe sal verloop soos dit het nie. Jy was onder die indruk dat dit anders sou verloop. Jy het aangeneem dat jy sou trou, kinders hê en 'n hond kry. Jy sal verstaan wat ek bedoel. Wanneer jy op jou lewe terugkyk, moet jy erken dat dit nie uitgewerk het soos jy gedink het dit sou nie. Wanneer ons verwagtinge nie dieselfde as die werklikheid in ons lewens is nie, kan dit vir ons baie pynlik wees. Soms kan selfs ons hoop in die Here wankel. In Psalm 62:5 leer Dawid ons hoe om onvervulde verwagtinge te hanteer. Hier is wat hy gesê het: “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek”. Dawid het geweet dat ons net ware en blywende vreugde sal kry wanneer ons leer om ons verwagtinge op God te stel. Dawid het verstaan dat die enigste manier om te floreer, is wanneer al ons vertroue en hoop in ons Hemelse Vader gesetel is. Is jy bereid om dit vandag te probeer?



Vrae: 


As jy oor jou lewe dink en wat jy verwag het, hoe moes dit nou gelyk het? Neem die tyd en stort jou hart uit teenoor die Here oor jou onvervulde verwagtinge.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hie...

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid