Leesplan inligting

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

DAG 8 VAN 14

Getroue God


Glo jy dat God getrou is? Ek bedoel, glo jy dit regtig ? Ek bely dat wanneer dit kom by die betroubaarheid van God, is my geloof partykeer wankelrig. Ek wil in Hom vrede vind, maar ek is geneig om my geesdriftigheid te bekamp. Ek wil ten volle in Hom glo, maar beperk my hoop op dit wat ek gaan uitkry. Dit voel veiliger so. Die kern van die saak is egter: om op God te vertrou dat alles goed sal uitwerk, hetsy dit vir 'n verhouding is of 'n droom wat bewaarheid moet word, vereis 'n onwrikbare geloof in die getrouheid van God. Om hoop te verloor of op te hou hoop of hoop te onderdruk, is om te weier om te glo in die goedheid van God. Die enigste manier om hoop te behou, is deur geloof — geloof in die beloftes van God, geloof in die karakter van God, geloof in die goedheid van God wat Hy aan ons bewys het deur Jesus Christus aan die kruis op Golgota — en dit kan soms 'n uitdaging wees. Om werklik te glo in die betroubaarheid van God, het ons nodig om telkens weer te kyk na die kruis. Omdat Jesus vir my gesterf het, kan ek in Hom vrede vind ongeag van die beproewinge wat oor my pad kom. Omdat Christus vir my gesterf het, het ek die vertroue dat Hy vir my sal gee presies wat ek nodig het op die regte tyd. Glo jy dit? Vertrou jy volkome op God?



Vrae: 


Hoe weet jy of jy God op hierdie oomblik volkome vertrou? Hoe gee die waarheid dat Christus vir jou aan die kruis gesterf het aan jou die hoop om as 'n enkellopende Christen bly te wees?


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hie...

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid