Leesplan inligting

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

DAG 3 VAN 14

Vryheid


Hulle sê een van die grootste geskenke van enkellopend wees, is die geskenk van vryheid. Met "hulle" bedoel ek Paulus wat namens God gepraat het deur die inspirasie van die Heilige Gees! Maar wat presies is hierdie vryheid waarna Paulus so geesdriftig verwys het? Is dit die vryheid om te doen wat ek wil en wanneer ek wil? Terwyl dit so kan wees vir die meeste enkellopende mense in die wêreld, is ware vryheid vir die enkellopende Christen baie meer as dit. Ware vryheid is baie meer as 'n akademiese kwalifikasie of finansiële onafhanklikheid. Dit is meer as 'n paspoort waarvan al die bladsye vol stempels is en dit is beslis meer werd as 'n losbandige lewe sonder enige verantwoordelikheid. Ware vryheid is meer as jou velkleur of die mag wat jy in jou beroep het. Jy sien, werklike vryheid is 'n persoon. Sy naam is Jesus en Hy het gesterf om jou vry te maak. In Galasiërs 5:1 beskryf Paulus die vryheid wat ons in Christus het en in 1 Korintiërs 7 pas hy dit spesifiek toe op enkellopendes. Die voordeel wat ons as enkellopende Christene het, is dat ons ons vryheid kan gebruik om God ons onverdeelde aandag te gee. Ons as enkellopende Christene het die voorreg om ons vryheid te fokus op die Een wat óns vrygemaak het en dit is die grootste vryheid wat ek en jy ooit sal ontvang. 



Vrae: 


Wat gaan jy doen met die vryheid wat vir jou gekoop is deur die bloed van Jesus? Hoe gaan jy jou tyd op aarde gebruik om die Here te dien met die vryheid wat jy as 'n enkellopende Christen ontvang het?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hie...

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid