Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional for Singles

DAG 13 VAN 14

Tevredenheid 

Het jy geweet dat wanneer dit by liefde, romantiese afsprake en verhoudinge van 'n enkellopende Christen kom, kan die aannames wat ons maak die gedagtes word wat ons dink? So ook dat die gedagtes wat ons dink ons gevoelens bepaal? As ons nie versigtig is nie, kan ons Christelike lewe deur net een verkeerde aanname omver gegooi word. Een van die mees algemene aannames wat baie enkellopende Christene maak is dit: "Dit sal makliker wees om tevrede te wees as ek getroud is.” Hierdie is eenvoudig net nie die waarheid nie. Tevredenheid is 'n stryd wat baie mense stry — oor en oor. Tevredenheid is dikwels ook aan 'n onrealistiese verwagting en 'n onredelike vergelyking met andere verwant. Wat ook al die rede vir jou ontevredenheid is, jou huwelikstatus het niks daarmee te doen nie. Die geheim om jou ontevredenheid te aanvaar is om vas te hou aan die geloof dat Jesus genoeg is en berusting in die liefde van jou Hemelse Vader te vind. Tevredenheid is nie die aanvaarding van dit wat vir ons hopeloos lyk nie. Dit is die onwrikbare geloof dat ons Vader weet wat die beste is. Omdat Hy in beheer is, kan ons in sy planne vir ons berus. Ongeag wat.

Vrae: 

Is jy 'n tevrede Christen? Het jy al ooit tevredenheid met oorgawe verwar? Op watter manier bevry ware tevredenheid jou om te floreer en voluit as 'n enkellopende Christen te lewe?

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional for Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hierdie 14-dag leesplan, wat gebaseer is op die boek Thrive van Lina AbuJamra, word enkellopende Christene uitgedaag om te floreer in hulle lewens wat God hulle hier op aarde gegee het. 

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org