Leesplan inligting

Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 12 VAN 14

Die Skrif maak melding van baie kere wat die Here sy perspektief en opdragte deur drome aan mense bekendgemaak het. Dink aan Jakob, Josef (seun van Jakob) en Josef (Jesus se aardse vader). Dis maar net 'n paar.


My respek vir Bybelse voorbeelde het my die moed gegee om God te vra om deur middel van drome met my te praat. Dit gebeur nie dikwels nie, maar die Here het al met my op hierdie manier gepraat en dit het 'n groot impak op my gemaak. 


Vroeg een oggend het ek 'n droom gehad wat ek nou nog steeds koester. In die droom het ek 'n aaklige motorhuis gesien. Terwyl ek kyk, kom 'n vriendin aangeloop na 'n geparkeerde kar, maak die agterdeur oop en sit haar woelige kleuter in die karstoeltjie. Die dogtertjie het omtrent te kere gegaan. My vriendin het geduldig, sagkens, maar ferm, die gordel vasgemaak, ten spyte van die weerstand. Nadat sy klaar was, het sy moeg en verslane agter die stuurwiel ingeskuif. 


Terwyl ek die prentjie aanskou het, het haar volharding my besonder beïndruk en ek het dit bewonder. Net so ook haar frustrasie, wat meegevoel by my gewek het. As 'n meer ervare ma was ek bewus van die waarheid — dit was slegs 'n kort tydjie van ouerskap. Die beloning van haar belegging sou vrug dra in haar dogter se lewe, maar sy moes nie moed opgee nie.


Ek was besorg dat sy nie kon sien wat ek sien nie, dus het ek in my droom na haar toe uitgeroep: "Moenie moed opgee nie! Hou aan!" 


Terwyl ek haar dophou, het sy met haar selfoon begin vroetel, asof sy iets gehoor het, maar nie seker was wat sy gehoor het nie. Sy het nie geweet wie praat of wat gesê is nie. Sy het weggery sonder die perspektief van wysheid. 


Toe ek wakker word het ek die droom se gebeure en indrukke neergeskryf. Die hele oggend het ek gebid oor wat dit kon beteken. 


'n Paar ure later het die Here dit aan my verduidelik — ek was geskok. My vriendin het my in die droom verteenwoordig en die Here se stem was die een wat bemoedings uitgeroep het. Ek het dit gedroom op 'n tyd toe ek met ouerskap gesukkel het. Hy wou hê ek moes weet dat Hy waarlik omgee en dat my gesin tog wel na 'n ander seisoen in die lewe sou beweeg. Die insig wat ek daardeur verkry het, het ek nog nooit vergeet nie, want op 'n manier het ek dit in die droom beleef. 


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geni...

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid