Leesplan inligting

Gesprekke Met GodVoorbeeld

Conversations With God

DAG 11 VAN 14

Baie keer praat die Here deur familie, vriende, predikante of selfs skrywers wat ons nie ontmoet het nie. Net soos die Woord van die Here deur Natan tot Dawid gekom het, na Ester deur haar oom Mordegai en tot Timoteus deur Paulus, kan ons ook aangeraak word deur die bemoediging en voorbeeld van ander.


Ek kan bladsye vol waarhede deel wat ek by mentors gekry het; my joernaal is in der waarheid vol van hierdie soort wysheid, maar ek sal net een voorbeeld aanhaal.


'n Paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om verskeie kere 'n mentor te ontmoet wie se insigte van praktiese waarde was. Toe ek haar vra oor my geneigdheid om in 'n leierskapposisie in te beweeg en dan weer te wil onttrek, het sy verduidelik dat wat ek in geloof begin, in twyfel kan omsit. Die gees maak bokspringe, terwyl die siel uitroep: "Wat het jou besiel? Hoekom het jy so 'n risiko aangegaan? Om hemelsnaam, gaan terug!"


Ter illustrasie het sy 'n stoel in die middel van die vertrek geplaas en daarop gaan staan om die aanvaarding van 'n nuwe leierskapposisie te verteenwoordig. Sy het my aangemoedig om genoeg moed bymekaar te skraap om in geloof op te tree as die Here my nooi om 'n stap hoër te gaan, en dan 'n nuwe uitkyk te hê vanaf my nuwe posisie. As die Here my dan so lei, moet ek my siel aanspreek om langs my geloofgevulde gees te gaan staan, in plaas daarvan om my siel toe te laat om te wil weghardloop.


Ek gebruik nog steeds daardie raad. Met tye het ek letterlik alleen na die plek gegaan wat 'n leierskap uitdaging verteenwoordig, 'n stoel in die middel van die vertrek geplaas en daarop gaan staan. Vanaf daardie uitkykpunt het ek rondgekyk en nagedink oor die plek van gesag waarna die Here my geroep het. Terwyl ek nog so staan, het ek vir ander en myself gebid. Dan het ek hardop my siel beveel om ook in die nuwe posisie te gaan staan en vredevol te wees. Ek het ja gesê vir die Here en nee vir my twyfel. Daardie raad het konkrete wysheid in my lewe geword. Dit was die Here se stem wat deur 'n betroubare mentor gepraat het.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Conversations With God

Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geni...

More

Baie dankie aan Susan Ekhoff wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Prayer-That-Must-Power-Conversational/dp/1496185560/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1498693709&sr=8-1&keywords=prayer+that+must%2C+the+power+of+conversational+prayer

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid