Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 21 VAN 30

Sy Opdrag Aan Ons



Dit is liefde wat aan die werk is. Die liefde van God is nie geskape nie—dit is Sy geaardheid. Wanneer ons die lewe van Christus deur die Heilige Gees ontvang, verenig Hy ons met God, sodat Sy liefde in ons gedemonstreer kan word. Die doel van die inwonende Heilige Gees is nie net om ons met God te verenig nie, maar om dit so te doen dat ons een met die Vader sal wees op presies dieselfde manier as wat Jesus was. En watter soort eenheid het Jesus Christus met die Vader gehad? Hy was so volkome een met die Vader dat Hy gehoorsaam was toe Sy Vader Hom aarde toe gestuur het om vir ons uitgegiet te word. En Hy sê vir ons: "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" (Johannes 20:21).



Petrus besef nou dat hy Hom liefhet, as gevolg van die openbaring wat met die Here se deurdringende vraag gekom het. Die Here se volgende punt is—"Giet jouself uit. Moenie getuig van hoeveel jy My liefhet en praat oor die wonderlike openbaring wat jy gehad het nie, net 'Pas My Skape Op' ". Jesus het buitengewoon eienaardige skape: sommige wat verwaarloos en vuil is, sommige wat vreemd optree of opdringerig is, en sommige wat verdwaal het! Dit is egter onmoontlik om God se liefde uit te put, en dit is onmoontlik om my liefde uit te put as dit uit my vloei deur God se Gees wat in my is. Die liefde van God gee nie aandag aan my vooroordele wat deur my natuurlike emosies veroorsaak word nie. As ek my Here liefhet, het ek nie nodig om deur natuurlike emosies gelei te word nie—ek moet Sy skape oppas. Ons sal nie van Sy opdrag aan ons verlos of vrygestel word nie. Pasop dat die liefde van God nie vervals word deur jou menslike emosies, simpatie of eie begrip te volg nie. Dit sal slegs die ware liefde van God beledig en misbruik.



O Here, mag al my gedagtes, emosies en woorde welriekend wees met liefde, volmaakte liefde aan U, en daardeur ook aan ander.


Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid