Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 23 VAN 30

Is Hy Regtig My Heer?



Ek ervaar vreugde as ek sien hoe die spesifieke doel waarvoor ek geskape en wedergebore is tot vervulling kom, en nie omdat ek iets uit eie keuse suksesvol voltooi het nie. Die vreugde wat ons Heer ervaar het, het ontstaan omdat Hy gedoen het waarvoor die Vader Hom gestuur het. En Hy sê vir ons, "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" (Johannes 20:21). Het jy 'n bediening van die Here ontvang? As dit so is, moet jy daaraan getrou wees—deur jou lewe waardevol genoeg te ag om die bediening te vervul. Dink hoe bevredigend dit sal wees as jy doen waarvoor Hy jou gestuur het en om Hom dan te hoor sê, "Mooi so, goeie en getroue dienaar" (Mattheus 25:21). Ons moet elkeen ons eie nis in die lewe vind, en op geestelike vlak vind ons dit wanneer ons 'n bediening van die Here ontvang. Om dit te doen moet ons 'n noue verhouding met Jesus hê en Hom as meer as ons persoonlike Verlosser ken. En ons moet bereid wees om die volle impak van Handelinge 9: 16 te ervaar—"Ek self sal hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly."

"Het jy My lief?" En dan: "Laat My Skape Wei" (Joh. 21:17). Hy bied ons nie 'n keuse aan hoe ons Hom kan dien nie; Hy vra dat ons geheel en al lojaal aan Sy opdrag moet wees, 'n getrouheid wat ons onderskei wanneer ons in die nouste moontlike verhouding met God is. As jy 'n bediening van die Here Jesus ontvang het, sal jy weet dat die behoefte nie dieselfde is as die roeping nie—die behoefte is die geleentheid om die roeping te beoefen. Die roeping is om getrou te bly aan die bediening wat jy ontvang het toe jy in 'n hegte verhouding met Hom was. Dit beteken nie dat daar 'n hele reeks verskillende bedienings vir jou geoormerk is nie. Dit beteken wel dat jy sensitief moet wees vir dit waarvoor God jou geroep het, en dit vereis soms dat jy oproepe vir diens in ander gebiede moet wegwys.

O Heer, ek smeek U vir ondersteunende krag en eenvoudige vreugde. Hou my nederig in motivering en doel, sodat ek nie hooghartig word nie.


Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid