Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 26 VAN 30

Die Oorgegewe Lewe



Om een met Jesus Christus te word, moet 'n mens bereid wees om nie net sonde prys te gee nie, maar ook afstand te doen van die manier waarop jy na dinge kyk. Om deur die Gees van God wedergebore te word beteken dat ons eers bereid moet wees om te laat gaan voordat ons na iets anders kan gryp. Die eerste ding waarvan ons moet afstand doen, is al ons voorgee of bedrieglikheid. Die Here wil nie hê dat ons ons goedheid, eerlikheid of pogings om beter te doen, na Hom bring nie, maar ons ware sonde. Inderwaarheid is dit al wat Hy van ons kan neem. En wat Hy ons in ruil vir ons sonde gee, is ware geregtigheid. Maar ons moet alle voorgee dat ons enigiets is, aan Hom oorgee en ook alle aansprake dat ons hoegenaamd God se oorweging waardig kan wees, aan Hom prysgee.



Eers as ons dit gedoen het, sal die Gees van God ons wys waarvan ons volgende moet afstand doen. Saam met elke tree in hierdie proses, moet ons ook alle aansprake van ons eie regte prysgee. Is ons bereid om ons greep op alles wat ons besit, ons begeertes en alle ander dinge in ons lewens, oor te gee? Is ons gereed om met die dood van Jesus Christus te identifiseer?



Ons sal 'n skerp, pynlike ontnugtering beleef voordat ons tot volle oorgawe kom. Wanneer mense hulself eers sien soos die Here hulle sien, is dit nie die ontsettend afstootlike sondes van die vlees wat hulle skok nie, maar die verskriklike aard van hul eie harte se trots, wat teen Jesus Christus weerstand bied. Wanneer hulle hulself in die Here se lig sien, tref die skande, afgryse en wanhopige oortuiging hulle die ergste.



As jy voor die vraag te staan kom of jy tot oorgawe moet kom of nie, neem 'n vasberade besluit om deur die krisis te gaan, om alles wat jy het en is, aan Hom oor te gee. En God sal jou dan toerus om alles wat Hy van jou verlang te doen.



Blaas U asem oor my, Asem van God, totdat my denke en gees in ooreenstemming met U s'n is. Oordek en vul ons almal met vryheid en reinheid en krag.


Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid