Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 17 VAN 30

"Glo Jy Nou?"



Nou glo ons. Maar Jesus vra: "Glo julle . . . ? Kyk, daar kom 'n tyd. . . dat julle . . . My alleen sal laat "(16: 31-32). Baie Christenwerkers het Jesus Christus verlaat en tog probeer om Hom uit 'n pligsgevoel te dien, of omdat hulle 'n behoefte voel as gevolg van hul eie insig. Die rede hiervoor is eintlik die afwesigheid van Jesus se oorwinningslewe. Ons siel het die intieme kontak met God verloor omdat ons op ons eie godsdienstige begrip vertrou (sien Spreuke 3: 5-6). Dit is nie doelbewuste sonde nie en daar is geen straf aan verbonde nie. Maar wanneer 'n mens eers besef hoe jy jou begrip van Jesus Christus belemmer het en onsekerhede, hartseer en probleme vir jouself veroorsaak het, is dit met skaamte en berou dat jy moet terugkeer.



Ons moet op 'n veel dieper vlak op die oorwinningslewe van Jesus staatmaak as wat ons nou doen. Ons moet die gewoonte kweek om voortdurend Sy leiding in alles te soek, in plaas daarvan om besluite te neem wat op ons eie gesonde verstand gebaseer is en Hom dan vra om dit te seën. Hy kan dit nie seën nie, want dit is nie deel van Sy koninkryk om dit te seën nie. Daardie besluite is verwyderd van die werklikheid. As ons iets slegs uit 'n pligsbesef doen, probeer ons om 'n standaard te handhaaf wat met Jesus Christus wedywer. Ons word trotse, arrogante mense wat dink ons ​​weet wat om in elke omstandigheid te doen. Ons het ons pligsgevoel op die troon van ons lewe gesit, in plaas daarvan om die oorwinningslewe van Jesus op die troon te sit. Ons word nie aangesê om "in die lig" van ons gewete of pligsgevoel te wandel nie, maar om "in die lig te lewe soos Hy in die lig is. . . " (1 Joh. 1: 7). Wanneer ons iets uit 'n pligsgevoel doen, is dit maklik om die redes vir ons optrede aan ander te verduidelik. Maar wanneer ons iets uit gehoorsaamheid aan die Here doen, kan daar geen ander verduideliking wees nie—net gehoorsaamheid. Daarom kan 'n heilige so maklik bespot en verkeerd verstaan ​​word.



O Here, as ek wakker word, is ek steeds by U. Gee nuwe lewe aan my sterflike liggaam deur U kragtige oowinningslewe; laat my in hierdie uur opstaan met 'n genadige instroming van krag.


Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid