Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 6 VAN 13

Regdeur Elisa se lewe sien ons dat baie van die wonderwerke wat hy verrig het amper identies aan Jesus se wonderwerke is. In 2 Konings 4:8-37 voer Elisa een van hierdie soortgelyke wonderwerke uit deur die seun van die Sunamitiese vrou te genees. Die eerste keer toe Elisa die vrou ontmoet het, was hy so oorweldig deur haar vriendelikheid en gasvryheid, dat hy besluit het om haar te beloon met wat hy gedink het sy die meeste begeer — ʼn kind. God gee aan die vrou ʼn kind, maar jare later sterf die seun en die vrou vra Elisa se hulp om hom tot die lewe terug te bring. Daar is twee interessante dinge in hierdie gedeelte. Die eerste is die ongelooflike wyse waarop Elisa probeer om die kind uit die dood op te wek, deur bo-op hom te lê, mond-op-mond, oog-op-oog en hand-op-hand. Die tweede is die feit dat Elisa se eerste poging om die seun op te wek onsuksesvol was.



Hoeveel keer het jy jou al in Elisa se posisie bevind? Jy vra God om iets te doen, en jy weet Hy kan, maar dit gebeur nie die eerste keer wanneer jy vra nie. Dit mag dae, maande, selfs jare neem. Moenie moed verloor wanneer jy die eerste keer onsuksesvol is nie. Hou aan bid. Hou aan om God te soek. Hy sal jou gebed beantwoord op die manier en tyd wat die beste vir jou is. Moenie moed verloor nie en hou aan bid. Watter een ding het jy vir God gevra, waarop Hy nog moet antwoord? Wat kan jy doen om te verseker dat jy nie ophou om God te vra en Hom te soek deur gebed vir hierdie ding nie?
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid