Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 8 VAN 13

In 2 Konings 5 lees ons van ʼn buitelandse leërowerste genaamd Naäman, wat melaats was. Hy hoor by ʼn slawemeisie dat Elisa hom dalk kan genees, dus vertrek hy na Israel met sy gevolg en geskenke om aan die koning te bring. Toe Naäman uiteindelik vir Elisa ontmoet, het hy verwag dat sy melaatsheid verwyder sou word deur slegs die waai van Elisa se hande. In plaas daarvan het Elisa hom iets gevra wat vir Naäman ongelooflik geklink het en dit was dat hy hom sewe maal in die Jordaan moes gaan was. Naäman het eers geweier om dit te doen, maar het dit tog uiteindelik gedoen nadat sy manne hom aangespoor het. Toe hy doen wat Elisa gevra het, is hy uiteindelik genees. Naäman se reaksie was baie algemeen.



Op ʼn sekere stadium van jou lewe het jy moontlik gevoel dat God jou lei om iets te doen wat op daardie oomblik vir jou ʼn bietjie ongelooflik of belaglik gelyk het. Miskien het jy soos Naäman vir God gevra om iets in jou lewe te doen, maar sy aanvanklike reaksie was nie wat jy verwag het nie en jy was nie bereid om jouself te verneder en jou aan God se metodes te onderwerp nie. Wanneer ons God vra om iets in ons lewens te doen, moet ons dit nooit doen met ʼn houding of verwagting van presies hoe en wanneer Hy dit moet doen nie. Ons is nie groter as God nie en ons moet ons volle geloof in Hom plaas sodat Hy dit op die regte tyd en op die regte manier kan doen. Ons is nie in beheer nie. God is die een in beheer en soos Jesaja 55:8 ons vertel, is God se weë nie ons weë nie. Watter stappe kan jy neem om jouself ten volle voor God te verneder en te besef dat sy weë nie jou weë is nie?
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid