Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 1 VAN 13

Die verhaal van Elisa begin in 1 Konings 19:14-21 toe God vir Elia gesê het om Elisa te salf as die profeet wat hom vervang. In hierdie gedeelte lees ons dat Elia vir Elisa gekry het waar hy in die veld besig was om met 'n paar osse te ploeg en dat hy onmiddellik sy mantel oor Elisa gegooi het as 'n uitnodiging om hom te volg. Elisa was dadelik gehoorsaam en het sy ploeg verbrand, die osse gaargemaak en vir sy vriende gegee om te eet. Elisa het ongelooflike toewyding aan Elia bewys. Hy het geen tyd verspil om gehoorsaam te wees nie. Hy het nie eers weggegaan om daaroor na te dink nie. Hy het nie 'n lys van voor- en nadele uitgeskryf nie. Hy het nie probeer veilig speel nie. Hy het dadelik ja gesê vir God se roeping wat deur Elia gekom het.



Elisa se ongelooflike toewyding wys dat die koste om God te volg groot is, maar die koste om Hom nie te volg nie, is nog groter. Elisa was ook ten volle toegewyd. Hy het sy ploeë verbrand, sy beeste geslag en sy familie se erfenis agtergelaat. Hy het alles wat hy geken het en waarvoor hy lief was, agtergelaat. Elisa wys ons, om vorentoe na jou lotsbestemming te stap, moet jy eers van jou sekuriteit af wegstap. Is jou toegewydheid aan God so onmiddellik en volkome soos Elisa s'n? Van watter sekuriteit moet jy wegstap, sodat jy na jou lotsbestemming toe kan stap?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid