Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 11 VAN 13

Vanaf 2 Konings 6:24 en regdeur hoofstuk 7, sien ons in die lewe van Elisa hoe God hom herhaalde kere gebruik om in die behoeftes van God se mense te help voorsien. In hierdie gedeelte, ly die Israeliete onder hongersnood, omdat hulle hoofstad onder beleg van die Arameërs is. Elisa profeteer dat God so baie kos sal voorsien dat dit amper waardeloos sal wees weens die oorvloed. Die gevolg daarvan is weer eens ʼn vreemde situasie in die lewe van Elisa, toe die Israeliete uitvind dat die Aramese weermag verdwyn het en al hulle kos en voorrade agtergelaat het. Weer eens het God in die behoeftes van die Israeliete voorsien. God is daar vir sy mense en Hy is daar vir jou.



Dink aan die tye toe jy in die nood was. Dink aan die maniere waarop Hy voortdurend in jou lewe verskyn het om in jou behoeftes te help voorsien, soos Hy met die Israeliete gedoen het. Filippense 4:19 vertel ons dat God in al jou behoeftes sal voorsien na die rykdom van sy heerlikheid in Christus Jesus. Daardie belofte was duisende jare gelede vir die Israeliete waar en bly tot vandag toe vir jou waar. God sal jou nie verlaat nie en sal jou help deur in jou behoeftes te voorsien, ongeag hoe groot of klein dit is. Op watter maniere het jy gesien hoe God dwarsdeur jou lewe in jou behoeftes voorsien het?
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid