Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 7 VAN 13

In 2 Konings 4:38-44 gaan Elisa voort om wonderwerke te verrig wat soortgelyk is aan Jesus se wonderwerke. In een wonderwerk neutraliseer Elisa die gif in ʼn bredie wat vir die profete voorberei was. Die tweede keer is toe Elisa 20 garsbrode vermeerder, sodat daar genoeg was om 100 manne te voed. Hierdie wonderwerke is nog ʼn voorbeeld van hoe God vir Elisa gebruik het om die behoeftes van ander te vervul. Die kanse is goed dat God jou van 'n “vergiftigde bredie” in jou lewe genees het. Miskien was dit iets fisiek of iets binne-in jou hart of gedagtes. Miskien het jy op hierdie oomblik iets giftigs in jou lewe waarvan jy nie op jou eie kan ontslae raak nie en wat net deur die krag van God verwyder kan word. Net soos wat Hy gemaak het met iets so eenvoudig soos bredie, kan God enige en alle gif uit jou lewe verwyder en jou weer eens nuut en gesond maak. Watter gif het God uit jou lewe verwyder? Watter gif is daar op hierdie oomblik in jou lewe wat God moet verwyder?
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid