Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 5 VAN 13

Voel jy oorweldig deur te veel verantwoordelikhede en uitdagings wat jou om elke draai in die gesig staar? Voel jy dat jy nie meer opsies het nie en dat jou lewe leeg is? Dit is waarskynlik hoe die vrou van die profeet wat gesterf het, in 2 Konings 4:1-7 gevoel het. Met haar man se dood, was sy in desperate finansiële nood en sy het gevrees dat sy alles wat sy het, insluitend haar seuns, aan skuldeisers sou verloor. Sy het Elisa om hulp gevra. Toe hy haar vra wat sy het om mee te werk, het sy vir hom gesê dat sy niks het nie, behalwe ʼn klein flessie met olie. Miskien kan jy jou vereenselwig met die weduwee as jy dink dat jy nie genoeg het nie, desperaat voel en dat jy net op jou beperkings fokus. God sien jou probleem heeltemal anders as wat jy dit sien.



Ons sien dwarsdeur die Skrif voorbeelde hoe God daarin spesialiseer om baie met ʼn bietjie te doen en hierdie verhaal is nog so ʼn wonderlike voorbeeld. Die wêreld mag dit sien as onlogies of ongelooflik, maar nie God nie. God het een fles olie vermeerder sodat die weduwee haar skuld kon betaal. Gedurende daardie tye wanneer jy oorweldig voel en geen opsies meer het nie, onthou net dat God vir jou alles gee wat jy nodig het. Waar in jou lewe voel jy oorweldig en voel jy dat jy niks oor het nie? Wat is van die dinge wat jy hét, wat jou kan help om jou fokus te verander?
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid