’n Sterk Man is WysVoorbeeld

DIT WAAROP ’N MAN GELD UITGEE, OPENBAAR WIE HY IS
“’n Man wat lief is vir wysheid maak sy pa baie gelukkig. Een wat hom besig hou met prostitute, mors sy geld. ’n Regverdige koning bring bestendigheid in sy land. Een wat buitengewone belasting wil hê, ruïneer sy land.”
(Spreuke 29:3-4 NLV)
Die twee dele van Spreuke 29:3-4 sluit by mekaar aan. Dit praat oor twee mans, ’n seun en ’n regeerder, wat beide rykdom vermors. Hoe hulle hulle geld misbruik, lê hulle karakter, hulle wellus en hulle gierigheid bloot.
Sulke gevorderde wellus en gierigheid gebeur nie oornag nie. Dit begin klein. Wanneer wellus en gierigheid klein is, is dit gewoonlik nie ’n probleem nie, want die impak daarvan is nie noemenswaardig nie. Ons kan dit selfs ignoreer as ons dit sien. Ons dink dit is maar net ’n bietjie wellus hier en ’n stukkie gierigheid daar.
Maar die probleem is dat ons, met verloop van tyd, gewoond raak aan hierdie dinge. Ons begin op goddelose maniere dink en optree. En hierdie gevoelens raak nooit versadig nie. Daarom beroof ons ander mense deur ons wellus en gierigheid en word hulle die slagoffers van ons goddelose karakter.
Om hierdie korrupte siklus te breek, moet ons onsself doelbewus herprogrammeer. Ons moet leer om twee dinge lief te hê: wysheid en regverdigheid. Wysheid lei ons karakter weer op die regte pad en regverdigheid is wysheid wat toegepas word.
’n Eerste stap kan wees om jou wellus en gierigheid te evalueer deur te bepaal waarop jy jou geld uitgee. Kyk ’n bietjie na jou bankstaat. Dink oor die vermorsing wat jy raaksien en wat dit sê oor jou wellus en gierigheid. Maak dan aanpassings – sny ter wille van jou karakter. Ek belowe jou die voordele is verstommend. Dit maak ’n pa trots en dit bou ’n land op.
BID VANDAG
Here, ek het krag en moed nodig om my wellus en gierigheid te oorkom. Wys my vandag hoe ek hierdie sondes kan oorwin voordat hulle groter word. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoe kan jy ’n sterk, wyse man wees in vandag se wêreld? Dit is beslis ’n groot uitdaging. Vince Miller gee praktiese raad om mans te help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle vandag te staan kom. Elk van die 7 dagstukke fokus op ’n gedeelte uit Spreuke om mans te bemoedig en uit te daag om in wysheid te groei.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us