’n Sterk Man is WysVoorbeeld

WOORDE HET KRAG
“Kalmte van die tong is ’n boom van lewe, maar verdorwenheid daarvan breek die gees.”
(Spreuke 15:4 AFR20)
Spreuke 15:4 laat my dink aan elke man – of dit ’n baas, ’n afrigter of ’n vriend is – wat al harde woorde vir my gesê het. Al kan ek baie daarvan nie woordeliks onthou nie, onthou ek die verpletterende gevoel toe ek daardie woorde gehoor het.
Die volgende gedagte wat by my opkom wanneer ek hierdie vers lees, is die harde woorde wat ek gesê het. Woorde wat die gees van my vrou, kinders, werknemers of vriende gebreek het.
Tog is daar hoop in hierdie spreuk. Dit bied ’n ander benadering en ander manier van praat. Een wat nie sleg is nie. Dit is ’n sagte en liefdevolle rigtingaanpassing wat die lewe verbeter. Dit lei tot groei, ontwikkeling en vrug in dié wat dit hoor. In plaas daarvan om iemand te verwoes, lei dit hulle om iets meer te word.
Wyse mans weet hoe om dit te doen. Hulle weet hoe om woorde te gebruik om ander te lei om meer te word as wat hulle is. Soms is dit ’n rigtingaanpassing wat sagkens aanbeveel word. Soms is dit ’n bemoedigende woord wat groei aanmoedig.
Ek daag jou uit om sagte, rigtingveranderende woorde te gebruik. Wanneer jy toegelaat word om iemand reg te help, neem eerder hierdie aanslag in plaas daarvan om hard en ongenaakbaar te wees. Stop vir ’n oomblik en keer dat ’n hewige woordewisseling ontstaan. Haal diep asem en bly eerder stil. Wanneer jou hart, gedagtes en mond reg is, wys die persoon tereg – maar doen dit met begrip. En bid dan dat jou hulp in daardie persoon se hart inslag sal vind.
Moenie ’n slegte herinnering word van harde woorde vir die mense vir wie jy lief is nie. Wees ’n wyse man, lei beter en help mense met woorde vol begrip.
BID VANDAG
Here, wys my daarop wanneer ek te hard is. Gee vir my ’n sagter aanslag. Gebruik my om vol begrip met mense te praat. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoe kan jy ’n sterk, wyse man wees in vandag se wêreld? Dit is beslis ’n groot uitdaging. Vince Miller gee praktiese raad om mans te help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle vandag te staan kom. Elk van die 7 dagstukke fokus op ’n gedeelte uit Spreuke om mans te bemoedig en uit te daag om in wysheid te groei.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us