’n Sterk Man is WysVoorbeeld

WANNEER DAAR KONFLIK IS
“Goddeloses vernietig mense met hulle woorde. Dié wat reg lewe, word deur hulle kennis gered. ’n Stad juig oor die voorspoed van die regverdiges. Dit jubel as goddelose mense te gronde gaan.”
(Spreuke 11:9-10 NLV)
Spreuke 11:9-10 beskryf die spanning van ons tyd so goed. Sommige mense probeer dié ondermyn met wie se opinies hulle nie saamstem nie. Mense gebruik hulle platforms om ander te boelie en hulle geloofwaardigheid en vordering tot niet te maak. Tog werk mense terselfdertyd, en van alle kante, hierdie vernietiging teen. Dit is die kennis van die regverdige man wat daartoe lei dat dié wat verrinneweer word, gehelp kan word. En wanneer hierdie vestings van ongeregtigheid en onwaarheid verwoes word, klink ’n luide toejuiging op.
Maar ek wil hê jy moet verder kyk as hierdie heersende spanning en fokus op die wysheid van Salomo in sy beskrywing van die regverdige man se reaksie. Dit is subtiel. Salomo beveel aan dat ’n regverdige man te midde van die spanning die volgende moet doen:
- Tree vriendelik op.
- Praat deurdag.
- Dink op ’n goddelike manier.
- Leef regverdig.
- Wees altyd blymoedig.
Die werklike uitdaging vir ons as mans is om doelbewus hierdie dinge te doen te midde van die konflik wat elke dag om ons woed. Gaan dus uit en probeer dit. Hierdie is jou geveg: Om vriendelik op te tree, deurdag te praat, op ’n goddelike manier te dink, regverdig te leef en altyd blymoedig te wees.
BID VANDAG
Here, help my om vriendelik op te tree, deurdag te praat, op ’n goddelike manier te dink, regverdig te leef en altyd blymoedig te wees. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoe kan jy ’n sterk, wyse man wees in vandag se wêreld? Dit is beslis ’n groot uitdaging. Vince Miller gee praktiese raad om mans te help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle vandag te staan kom. Elk van die 7 dagstukke fokus op ’n gedeelte uit Spreuke om mans te bemoedig en uit te daag om in wysheid te groei.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us