’n Sterk Man is WysVoorbeeld

ONTSNAP UIT DIE STRIK
“’n Slegte mens se woorde is ’n strik vir homself. Iemand wat reg lewe, ontduik moeilikheid.”
(Spreuke 12:13 NLV)
Dit is moontlik om Spreuke te lees en te dink regverdige mans sal nooit swaarkry nie. In Spreuke 12:13 sien ons egter dat dit nie die geval is nie. Slegte mans én regverdige mans sal moeilike tye ervaar. Die verskil is hoe hulle dit ervaar. Die slegte man bring dit oor homself en raak vasgevang daarin. Die regverdige man kom ook moeilike dinge teë, maar hy kan uit die strik ontsnap.
Die verskil tussen die twee mans is ook tweevoudig. Eerstens is daar ’n kontras in die integriteit van hulle woorde. Tweedens is daar ’n kontras in die twee soorte mans: sleg teenoor regverdig. Dus leer ons dat die woorde wat ’n man sê baie openbaar oor wie hy is – en andersom.
Oorweeg dit dus vandag om sekere woorde te verwyder uit jou woordeskat. Verwyder ’n leë en nuttelose woord wat nie jou integriteit opbou nie. Een wat jou vasvang in ’n strik, en dalk ander mense ook. Verwyder dit heeltemal uit jou gesprekke en laat dit ’n offer aan God wees. Praat versigtig, leef met integriteit en ontsnap die strik van die slegte man.
BID VANDAG
Here, verander my en die woorde wat ek as ’n regverdige man gebruik. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoe kan jy ’n sterk, wyse man wees in vandag se wêreld? Dit is beslis ’n groot uitdaging. Vince Miller gee praktiese raad om mans te help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle vandag te staan kom. Elk van die 7 dagstukke fokus op ’n gedeelte uit Spreuke om mans te bemoedig en uit te daag om in wysheid te groei.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us