’n Sterk Man is WysVoorbeeld

STAP NET WEG
“Vermy ’n dwase mens. By hom sal jy niks kan leer nie.”
(Spreuke 14:7 NLV)
Ek hou baie van spreuke wat prakties is en maklik om toe te pas, want soms is dit nodig dat iemand vir ons sê wat om te doen. Hierdie een in Spreuke 14:7 doen dit beslis.
Hoeveel keer was jy al in ’n groep waar die gesprek skielik ’n ander rigting ingeslaan het wat nie besonder verheerlikend teenoor God was nie? Sulke oomblikke vang my soms onkant. Dikwels word die gesprek skielik skurf, vieslik en neerhalend. Die wysheid van hierdie spreuk is egter eenvoudig: Ons hoef nie ’n verskoning uit te dink nie; ons kan net wegstap. Dis al.
Soms hoef ons nie iets te sê om op te staan vir wat reg en regverdig is nie. Al wat ons hoef te doen, is om ons uit die gesprek te verwyder. Mense sal baiekeer dadelik verstaan hoekom ons ons rug op hulle draai.
Die volgende keer wanneer jy in so ’n situasie kom, wil ek hê jy moet net hoflik wegstap. Moenie ’n woord sê nie.
As jy sien dat daar te veel mense in jou lewe is wat dwase dinge kwytraak, is dit dalk tyd om jou vriendskappe, gemeenskap en dalk selfs die maatskappy waarvoor jy werk te herevalueer. Dit is iets vir jou om vandag oor na te dink. Is dit dalk tyd om ’n paar aanpassings te maak?
BID VANDAG
Here, gee vir my die bewustheid en moed om vandag weg te stap waar dit nodig is. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoe kan jy ’n sterk, wyse man wees in vandag se wêreld? Dit is beslis ’n groot uitdaging. Vince Miller gee praktiese raad om mans te help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle vandag te staan kom. Elk van die 7 dagstukke fokus op ’n gedeelte uit Spreuke om mans te bemoedig en uit te daag om in wysheid te groei.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us