Onderskei en Oorkom Alledaagse VersoekingsVoorbeeld

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

DAG 1 VAN 7

IDENTIFISEER DIE STRYD!

Versoekings: Trots en wellus

Die wêreldse dinge, alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit, kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld (1 Johannes 2:16).

Versoeking is die innerlike begeerte om te sondig deur toe te gee aan wellus van die vlees (smag na fisieke plesier), wellus van die oë (begeer wat ons sien) en die trots van die lewe (soeke na selfverheerliking of verheffing in die oë van ander, of eiewillige selfstandigheid). Wanneer hierdie dinge ons harte aangryp, kan dit ons weglei van God se wil vir ons lewens.

Versoeking kom dikwels baie subtiel. Dit kan kom as 'n gedagte, 'n begeerte of in 'n oomblik van swakheid. Trots sê, jy is selfversorgend en verdien 'n mate van erkenning of sukses. Wellus sê, jy is dit aan jouself verskuldig. Dit fokus daarop om ons onmiddellike begeertes, emosioneel, liggaamlik of geestelik, te vervul sonder om God se grense in ag te neem. Versoeking self is nie 'n sonde nie. Die manier waarop ons egter daarop reageer, kan lei tot sonde. Die eerste stap om versoeking te oorkom, is om vas te stel of dit uit ons vlees, die wêreld of van die vyand kom. Die Heilige Gees help ons hiermee en sy hulp is net 'n gebed ver! Vra Hom om jou te help om versoekings op hierdie manier te onderskei en te identifiseer.

GEBED

Here, help my om enige vorm van trots of wellus te herken wanneer dit insluip in my lewe. Reinig my hart en herinner my daaraan dat U alleen my porsie is. Leer my om nederig en rein voor U te wandel. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Is daar 'n manier om mens se neiging om aan versoekings toe te gee, te oorkom? Vir sommige kan 'n lekker stukkie koek al hul goeie bedoelings om gesond te eet, in die wiele ry! Hierdie 7-dag-leesplan sal jou help om versoekings waarmee meeste mense sukkel te herken, hul oorsprong vas te pen en in oorwinning te begin leef!

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com