Onderskei en Oorkom Alledaagse VersoekingsVoorbeeld

DIE STRIK VAN VERGELYKING
Versoekings: Afguns en vergelyking
Om jouself met ander te vergelyk, hou twee gevare in: dit steel jou vreugde as jy te lank daaroor nadink en, jy kan voel jy word te na gekom en begin afgunstig raak op iemand anders. Jy kan maklik voel asof jy ingedoen of oor die hoof gesien word wanneer jy op hul seëninge, finansies of voorkoms fokus. God het 'n unieke doel en reis vir almal. Hoe weet jy of hulle dalk verlang om te hê wat jy het?
Tweedens, as ons na afguns kyk, beroof dit ons nie net van ons vreugde nie, maar dit kan ook letterlik ons verhouding met iemand vergiftig en ons 'n verdraaide idee gee van wat werklik saakmaak. Die wêreld verheerlik mededinging en status. Die Heilige Gees gee ons genade om met tevredenheid en dankbaarheid te wandel.
Een manier om vergelyking en afguns te hanteer, is om die Here in gebed te verheerlik wanneer jy iets sien wat iemand anders het wat jy nie het nie. Ons kan doelbewus begin om hulle te seën in hulle wandel met die Here en bid dat hulle lewens baie vrug sal dra. Dit is 'n wonderlike manier om onsself in te stel daarop om ander mense se vreugdes en oorwinnings sonder jaloesie te vier en met selfvertroue in ons eie Godgegewe pad te wandel.
GEBED
Vader, help my om enige vorm van vergelyking of afguns in my eie hart te onderskei. Help my om ander sonder afguns te vier. Leer my om vreugde te vind in dit wat U vir my lewe beplan het. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Is daar 'n manier om mens se neiging om aan versoekings toe te gee, te oorkom? Vir sommige kan 'n lekker stukkie koek al hul goeie bedoelings om gesond te eet, in die wiele ry! Hierdie 7-dag-leesplan sal jou help om versoekings waarmee meeste mense sukkel te herken, hul oorsprong vas te pen en in oorwinning te begin leef!
More
Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com