Onderskei en Oorkom Alledaagse VersoekingsVoorbeeld

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

DAG 5 VAN 7

STRYD VAN DIE HART

Versoekings: Gierigheid en afgodery

'n Mens se hart is die kern waar ons die aantreklike versoekings van die lewe beleef en moet teenstaan. Gierigheid is nie net 'n obsessie met rykdom nie. Dit kan ook die voortdurende, eindelose strewe na meer wees: meer besittings, meer gemak, meer erkenning. Hoe kan ek dit in my lewe herken? Een voorbeeld is loopbaanambisies wat handuit ruk en 'n wedloop ten koste van alles en almal raak. Jy kan dit herken wanneer jy voortdurend streef na bevorderings, titels of erkenning, nie uit 'n begeerte om met uitnemendheid te dien nie, maar gekoppel aan jou identiteit deur prestasie. Het jy soms gevind dat jy, selfs nadat jy sukses behaal het, ontevrede bly en gedryf word deur die behoefte om meer te doen? Sulke meedoënlose strewe openbaar 'n gierige hart.

Die tweede versoeking vir vandag is afgodery. Dit gebeur wanneer ons enigiets, selfs goeie dinge, bo God in ons harte verhef.

Een voorbeeld is liefde en omgee vir familielede of kinders, wat Bybels en goed is. Wanneer jy hulle egter bo gehoorsaamheid aan God se wil begin prioritiseer, kan dit afgodery word (Matteus 10:37). Nog 'n voorbeeld is om in bediening betrokke te wees. Om in die bediening te dien is edel en Bybels. Wanneer jou werk in God se koninkryk egter 'n bron van identiteit en trots word, of jy waardeer dit meer as jou intimiteit met God self, kan dit 'n afgod word.

Hoe weet ek dat ek in hierdie strik getrap het? Dit kan gesien word wanneer iemand uitbrand om vir God te probeer presteer en nie genoeg tyd inruim om bloot met Hom gemeenskap te hê, Hom te aanbid en Hom lief te hê nie (Lukas 10:41-42). Of, wanneer ek net nog iets gou wil doen, en die gevoel van "niks is ooit genoeg" nie.

GEBED

Vader God, ek bid ernstig dat U enige vorm van gierigheid en afgodery in my hart aan my sal openbaar. Help my om dit duidelik te sien vanuit u perspektief, waar ek dit nie self erken nie. Help my om U meer lief te hê as enigiets wat ek besit of begeer. Leer my tevredenheid en vrygewigheid. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Is daar 'n manier om mens se neiging om aan versoekings toe te gee, te oorkom? Vir sommige kan 'n lekker stukkie koek al hul goeie bedoelings om gesond te eet, in die wiele ry! Hierdie 7-dag-leesplan sal jou help om versoekings waarmee meeste mense sukkel te herken, hul oorsprong vas te pen en in oorwinning te begin leef!

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com