Onderskei en Oorkom Alledaagse VersoekingsVoorbeeld

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

DAG 3 VAN 7

DIE STILLE MOORDENAARS

Versoekings: Geestelike laksheid/Geestelike onverskilligheid en vreesagtigheid

Die versoeking om toe te gee aan geestelike laksheid, geestelike onverskilligheid en vrees is 'n werklikheid! Geestelike onverskilligheid is wanneer ons strewe na God passief, vervelig of roetine word. Laksheid is wanneer ons vir onsself sê: "Ag dit sal nie regtig 'n groot gevolg hê as ek uitstel om iets te doen wat die Heilige Gees my aanspoor om te doen tot later, wanneer ek beter voel of tyd het nie." Laksheid wil hê ons moet tevrede wees met gemak eerder as toewyding. Vreesagtigheid is weer wanneer ons al die moontlikhede van wat verkeerd kan loop in 'n spesifieke situasie buite verband opblaas. Wanneer hierdie versoekings saamspan, skep hulle 'n gevaarlike kringloop: apatie sal jou geestelike sensitiwiteit verswak as jy in luiheid verval. Vrees, aan die ander kant, sal jou vertel om alles en almal te beheer om te verseker dat alles altyd net reg sal uitwerk! So 'n lewe sal totaal stagneer en oninteressant raak. Jy wil nooit daar beland nie! As jy ervaar dat jy op die oomblik vasgevang is in enige van hierdie versoekings, vra die Heilige Gees om dit vir jou duidelik te wys.

'n Goddelike onderskeidingsvermoë help ons om vas te stel wanneer ons geestelike passie begin vervaag. Om hierdie versoekings te oorkom, verg doelbewuste dissipline en 'n hernude gemoed. Selfs wanneer jy nie lus is nie, moet jy hierdie versoekings weerstaan. Ware moed is nie die afwesigheid van vreesagtigheid nie, maar die voorneme om alles te weerstaan wat jou probeer aftrek of depressief maak.

GEBED

Here, help my om enige area van apatie of geestelike verval in my lewe te onderskei. Gee my die moed om definitiewe stappe te doen om hierdie versoekings te oorkom. Ek lê my vreesagtigheid en passiewiteit neer en bid dat U my meer vrymoedigheid en passie in my tye met U sal gee. Roer my hart opnuut vir die dinge van u koninkryk. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Is daar 'n manier om mens se neiging om aan versoekings toe te gee, te oorkom? Vir sommige kan 'n lekker stukkie koek al hul goeie bedoelings om gesond te eet, in die wiele ry! Hierdie 7-dag-leesplan sal jou help om versoekings waarmee meeste mense sukkel te herken, hul oorsprong vas te pen en in oorwinning te begin leef!

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com