Onderskei en Oorkom Alledaagse VersoekingsVoorbeeld

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

DAG 4 VAN 7

WANNEER "OM GOD TE BEHAAG", VERVANG WORD MET "OM ANDER TE BEHAAG"

Versoekings: Om mense te behaag en kompromie

Een van die mees misleidende versoekings is die begeerte om mense meer as God te behaag. Dit begin dikwels onskuldig. Ons wil goed doen, of waardeer word. Ons wil graag hê dat mense van ons sal hou en ons aanvaar. Dit kan ook wees dat jy maar net altyd alles probeer doen om die vrede te bewaar wanneer jy met 'n beledigende of kwaai persoon te doen het. Wanneer om ander te behaag ons lewens begin regeer, is ons in die moeilikheid. Stadig maar seker sal kompromieë ons lewens begin binnedring. Ons kan in die strik trap om ons morele standaarde te verlaag, of ons oortuigings af te water om aanvaar te word. Dit kan veral by die werk gebeur. Aanvanklik dink ons dalk dit is net hierdie een keer. Maar gou verval ons in 'n sonde-kringloop wanneer ons aanhou om plek te maak vir "nog net een keer".

Hoe breek ons hiervan los? Ons moet bepaal wat ons regtig van die lewe wil hê, een jaar van nou af, vyf jaar van nou af. Om nou vir die applous van mense te leef, sal stadig ons sensitiwiteit vir die stem van die Heilige Gees versleg en ons wil nie hê dit moet gebeur nie! Maak vandag 'n keuse om areas van jou lewe neer te skryf waar jy jouself toegelaat het om in hierdie versoeking te val. En neem dan tyd om biddend elke punt voor die Here te oorweeg, berou te hê oor alles wat jou van sy liefde skei en om sy teenwoordigheid te ervaar.

GEBED

Here Jesus, help my om u goedkeuring bo dié van mense te soek. Openbaar aan my elke geval in my lewe waar ek die prooi geword het van die versoeking om ander te behaag en kompromieë aangegaan het. Versterk my om vas te staan. Herstel my sensitiwiteit om u stem te hoor. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Is daar 'n manier om mens se neiging om aan versoekings toe te gee, te oorkom? Vir sommige kan 'n lekker stukkie koek al hul goeie bedoelings om gesond te eet, in die wiele ry! Hierdie 7-dag-leesplan sal jou help om versoekings waarmee meeste mense sukkel te herken, hul oorsprong vas te pen en in oorwinning te begin leef!

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com