Onderskei en Oorkom Alledaagse VersoekingsVoorbeeld

ONSIGBARE KETTINGS
Versoekings: Onvergewensgesindheid en skinderpraatjies/kwaadpraat
Sonder dat jy dit besef, is onvergewensgesindheid en skinder soos onsigbare kettings wat jou siel laat swaarkry. Die een lei dikwels na die ander! As daar onvergewensgesindheid in jou hart is, sal jy die behoefte hê om iemand anders daarvan te vertel. In die hitte van die oomblik kan onvergewensgesindheid geregverdig voel wanneer iemand jou seergemaak of onreg aangedoen het. Wanneer jy egter toegee aan die versoeking om jou hart te verhard en agter hul rug oor daardie persoon te praat, is daar 'n goeie kans dat hulle dit uiteindelik sal uitvind. Dit sal verhoudings skade doen en kan selfs daartoe lei dat ander ook agter jou rug praat.
Die wêreld se siening oor hierdie onderwerp is om jouself te verskoon deur te sê: "Ek skinder nie, ek spreek net my kommer uit, ek "sê" net..."
As jy onderskeidingsvermoë beoefen, sal dit jou help om stil te staan en die toestand van jou hart te ondersoek voordat jy praat of optree. Dit sal jou help om die gevolge van jou reaksie te oorweeg.
Ons vergewe nie omdat iemand dit verdien nie, maar omdat Jesus ons vergewe het. Hoe vergewe ek? Iemand het dit eenkeer eenvoudig gestel en dit maak baie sin: "Jy sê dit en jy bid dit totdat jy dit voel!"
Soos ons daardie aanvanklike doelbewuste stap van gehoorsaamheid doen deur vergifnis hardop te spreek oor iemand wat ons verontreg het, stroom die Heilige Gees in soos 'n rivier van lewende water en Hy reinig ons van elke seer wat aan ons siele vasklou. Hy is die Gees van die lewe en wanneer ons ons harte tot die Here wend vir hulp, manifesteer Hy as ons helper in tye van nood!
Dink vir 'n oomblik na oor die emosies wat nou in jou hart roer. Is dit moontlik dat een of meer van hulle verband hou met 'n kwessie van onvergewensgesindheid? Of is dit moontlik dat jy nou onthou hoe jy agter hul rug oor iemand gepraat het? Bring 'n oomblik in gebed deur en bring hierdie dinge voor die Here, en bekeer jou van alles wat op jou siel druk.
GEBED
Heilige Gees, dankie dat U my die ware toestand van my hart gewys het. Vader, help my om gou te vergewe en woorde te spreek wat genees. Bewaar my lippe teen skinder en my hart teen bitterheid. Laat my verhoudings u liefde weerspieël. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Is daar 'n manier om mens se neiging om aan versoekings toe te gee, te oorkom? Vir sommige kan 'n lekker stukkie koek al hul goeie bedoelings om gesond te eet, in die wiele ry! Hierdie 7-dag-leesplan sal jou help om versoekings waarmee meeste mense sukkel te herken, hul oorsprong vas te pen en in oorwinning te begin leef!
More
Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.jwipn.com