Tye van groeiVoorbeeld

Tye van groei

DAG 7 VAN 7

Hy hou jou vas!

"’n Son en skild is die HERE God. Die HERE gee genade en eer. Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie" (Psalm 84:12 NLV).

Ons wil so dikwels méér van die Here hê. Ons voel Hy weerhou ons van iets wat so ooglopend (vanuit ons perspektief!) die beste ding vir ons sal wees. Gesondheid. Finansiële sekerheid. ’n Eggenoot. ’n Baba. Hoe kan daardie dinge nié deel van sy plan vir ons lewens wees nie? Waarom sou Hy dit terughou?

Omdat Hy ons alwetende Vader is wat werklik omgee oor ons groei en sy eer. As Hy op die oomblik iets wat inherent goed lyk van jou af weghou, is dit waarskynlik omdat daardie ding jou nie meer soos Jesus sal laat lyk nie. Die Here laat alles ten goede saamwerk vir hulle wat Hom liefhet (Romeine 8:28) – nie sodat ons gemaklik kan wees nie, maar sodat ons al hoe meer soos sy Seun kan lyk (Romeine 8:29). God weerhou dalk iets van jou, maar Hy hou jou nog steeds styf vas!

Hierdie oordenkings is geneem uit MINI-OORDENKINGS OM JOU SIEL TE VERKWIK deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek gerus www.cumbooks.co.za.

Aangaande hierdie leesplan

Tye van groei

Ons almal gaan deur moeilike tye. Ons wil dit nie hê nie, maar dié tydperke van seer en stywe geestelike spiere vorm in jou iets wat geen ander ervaring sou kon voortbring nie. Dalene Reyburn herinner jou in hierdie 7 oordenkings dat ons soms uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei. Ons kan egter ook onthou dat God ons steeds styf vashou terwyl ons groei!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us