Tye van groeiVoorbeeld

Tye van groei

DAG 6 VAN 7

Klein maar kragdadig

"Al het jy met min begin, sal jy met baie eindig" (Job 8:7 NLV).

Ons is geneig om aan wonderwerke te dink as enorm en geweldig en skokkend in omvang. Goed, party wonderwerke lyk so. Wat ons maklik vergeet, is dat daar voortdurend wonderwerke rondom ons gebeur. Die Here stuur ook klein wonderwerke van stapel wat stukkie vir stukkie groei en (aanvanklik) glad nie tasbaar of opsigtelik of noemenswaardig lyk nie.

Hy gee ons elke dag nuwe krag en moed op maniere wat onmoontlik sou wees binne die beperkings van die aardse werklikheid. Hy laat geestelike groei en selfs fisieke groei, genesing, vernuwing en herlewing toe ten spyte van liggaamlike veroudering. In God se koninkryk is niemand ’n “has-been” nie. As die Heilige Gees in jou leef, is jy steeds volkome in die “ingroep” sover dit die koninkryk betref.

Skrif

Aangaande hierdie leesplan

Tye van groei

Ons almal gaan deur moeilike tye. Ons wil dit nie hê nie, maar dié tydperke van seer en stywe geestelike spiere vorm in jou iets wat geen ander ervaring sou kon voortbring nie. Dalene Reyburn herinner jou in hierdie 7 oordenkings dat ons soms uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei. Ons kan egter ook onthou dat God ons steeds styf vashou terwyl ons groei!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us