Tye van groeiVoorbeeld

Tye van groei

DAG 2 VAN 7

’n Hart aan skerwe

"Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde" (Psalm 147:3 NLV).

Moet nooit vergeet dat ons die groot Geneesheer dien nie. Ons God kan gesond maak en herstel – liggaamlik, sosiaal, intellektueel en geestelik (Psalm 147:3). Hy kan ons harte herstel waar emosionele skade aangerig is.

Ongeag hoe dramaties ’n verhouding beskadig is, daar is altyd ’n moontlikheid vir herstel. Genesing is moontlik; vergifnis is moontlik. God kan alles – ook die pynlike en ondenkbaar slegte dinge wat met ons gebeur – ten goede laat meewerk (Romeine 8:28). ’n Gebroke hart hoef ons nie net oud te maak nie; dit kan groei vir ons beteken.

Waar ’n mens se geestelike slagare verstop is (want wie van ons het nog nié voor slegte gewoontes geswig nie?), kan jy op Jesus vertrou om jou te wys wat jy uit jou lewe moet sny. Net soos wat jy ’n dokter nodig het om jou cholesterolvlak te toets, het jy Jesus en ander gelowiges nodig om jou aanspreeklik te hou vir jou leefstylkeuses – en die maniere waarop dit jou hart beskadig of verhard.

Aangaande hierdie leesplan

Tye van groei

Ons almal gaan deur moeilike tye. Ons wil dit nie hê nie, maar dié tydperke van seer en stywe geestelike spiere vorm in jou iets wat geen ander ervaring sou kon voortbring nie. Dalene Reyburn herinner jou in hierdie 7 oordenkings dat ons soms uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei. Ons kan egter ook onthou dat God ons steeds styf vashou terwyl ons groei!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us