Tye van groeiVoorbeeld

Tye van groei

DAG 1 VAN 7

Om te groei, is genade

"In sy genade het God julle geroep om in Christus deel te hê aan sy ewige heerlikheid. Nadat julle ’n kort tydjie swaargekry het, sal Hy julle self weer herstel; Hy sal julle moedig, sterk en standvastig maak" (1 Petrus 5:10 NLV).

Petrus skryf hier in 1 Petrus 5 vir ’n kerk wat vervolg word. Hy lê klem op God se genade – want in sy genade laat Hy ons toe om swaar te kry omdat Hy presies weet hoeveel ons uiteindelik daaruit baat.

’n Goeie ouer sal van tyd tot tyd sy kind ’n swaar sak inkopies laat dra om sy spiere te oefen. God is ’n perfekte ouer. Partykeer laat Hy ons swaarkry om ons sterk te maak (1 Petrus 1:7). Jy kan waarskynlik terugdink aan ’n tyd in jou lewe wat baie moeilik was. Hoewel jy dit beslis nie wil oorhê, of vir enigiemand daardie selfde ervaring toewens nie, sal jy dit ook nie verruil nie. Dié tydperk van seer en stywe geestelike spiere het iets in jou gevorm wat geen ander ervaring sou kon voortbring nie.

Aangaande hierdie leesplan

Tye van groei

Ons almal gaan deur moeilike tye. Ons wil dit nie hê nie, maar dié tydperke van seer en stywe geestelike spiere vorm in jou iets wat geen ander ervaring sou kon voortbring nie. Dalene Reyburn herinner jou in hierdie 7 oordenkings dat ons soms uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei. Ons kan egter ook onthou dat God ons steeds styf vashou terwyl ons groei!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us