Tye van groeiVoorbeeld

Staal jou!
"Staal jou! Ek sal die vrae stel, en dan antwoord jy My" (Job 38:3 NLV).
God is op die punt om Job te ondervra (Job 38:1-3) – en die arme Job sal nie veel hê om terug te antwoord nie (Job 42:2). Hy sal sprakeloos wees oor God se grootsheid, sy almag en sy krag. Maar God hou nie terug nie – Hy daag Job se beperkte insig doelbewus uit.
Jy aanbid dieselfde God wat vir Job onder kruisverhoor geneem het. Hy weet presies op watter terreine jy gekonfronteer moet word en wat jy kan hanteer. Omdat Hy egter ’n liefdevolle Vader is wat net die heel beste in jou na vore wil bring, gaan Hy jou nie met handskoentjies hanteer as Hy weet jy moet uit jou gemaksone kom nie. Soms moet ons uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei.
Aangaande hierdie leesplan

Ons almal gaan deur moeilike tye. Ons wil dit nie hê nie, maar dié tydperke van seer en stywe geestelike spiere vorm in jou iets wat geen ander ervaring sou kon voortbring nie. Dalene Reyburn herinner jou in hierdie 7 oordenkings dat ons soms uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei. Ons kan egter ook onthou dat God ons steeds styf vashou terwyl ons groei!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us