Tye van groeiVoorbeeld

Al hoe meer liefde
"Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ’n al beter begrip en ’n fyn aanvoeling ontwikkel. Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom" (Filippense 1:9-10 NLV).
Die wêreld sou regtig ’n beter plek gewees het as ons almal hierdie gebed in Filippense 1:9-10 gebid het vir die mense rondom ons. Die liefde wat Paulus so graag wil sien gedy onder sy geliefde Filippense is gebaseer op kennis, insig en onderskeidingsvermoë. Hoe meer ons van God en sy weë verstaan, hoe groter word ons liefde vir Hom én vir ander.
Kom ons bid vir onsself, en vir dié mense met wie ons goed oor die weg kom … maar ook vir dié wat ons irriteer, sodat ons geestelik kan groei en ontwikkel om selfs meer kapasiteit vir liefde te hê. Bid ook dat jy vandag uitstekend sal bestuur en die vermoë sal hê om van oomblik na oomblik dít wat suiwer en onberispelik is te kies.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons almal gaan deur moeilike tye. Ons wil dit nie hê nie, maar dié tydperke van seer en stywe geestelike spiere vorm in jou iets wat geen ander ervaring sou kon voortbring nie. Dalene Reyburn herinner jou in hierdie 7 oordenkings dat ons soms uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei. Ons kan egter ook onthou dat God ons steeds styf vashou terwyl ons groei!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us