Groei in geloofVoorbeeld

God is altyd wakker
"Word wakker! Waarom slaap U, Here? Staan op! Moenie ons vir altyd verstoot nie! Hoekom kyk U anderpad? Hoekom kyk U verby ons ellende en verdrukking?" (Psalm 44:24-25 NLV)
Wanneer die wekker soggens afgaan, voel ons dalk nie lus om op te staan nie … en partykeer druk ons die sluimerknoppie nog ’n hele paar keer. Gelukkig weet ons God staan nie net betyds op nie – Hy slaap glad nie (Psalm 121:4)! Hy raak nooit verveeld, vaak of lui nie. Wanneer ons gespanne is, hoef ons nooit bekommerd te wees dat Hy dalk besig is om ’n uiltjie te knip en ons probleme ignoreer nie. Hy sien alles en weet wat ons nodig het nog voordat ons dit van Hom vra (Matteus 6:8).
Partykeer is daar nie ’n maklike oplossing vir ons probleme nie. Dalk staar jy dag na dag dieselfde probleem in die gesig sonder dat jy hoegenaamd ’n antwoord op die horison kan sien. Dalk begin jy wonder of die Here regtig wakker is en jou raaksien en jy voel alleen soos die skrywer van Psalm 44. Jou geloof word getoets terwyl jy vir die Here wag om jou te help.
Moenie bekommerd wees nie. God weet presies wat jy nodig het en sal jou op presies die regte tyd uit jou verknorsing red (Lukas 12:31). Terwyl jy wag, groei jou geloof.
Hierdie oordenkings is geneem uit MINI-OORDENKINGS: GROEI IN GELOOF deur Joanna Teigen © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek gerus www.cumbooks.co.za.
Aangaande hierdie leesplan

Jy wil sekerlik hê jou geloof moet groei? Net soos wat silwer in ’n oond gesmelt moet word om dit te laat blink, laat die Here soms toe dat ons swaarkry om ons geloof te versterk. Joanna Teigen herinner jou egter in hierdie 7-dag-leesplan dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. God is elke dag saam met ons in hierdie groeiproses!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us