Groei in geloofVoorbeeld

Wysheid kom van God
"Hoe ongelooflik wonderlik is God nie – hoe ontsaglik ryk en wys en vol kennis is Hy nie! Sy beslissings gaan ons begrip te bowe; sy manier van doen kan ons nie deurvors nie. Wie van ons kan regtig verstaan hoe God dink? Of wie sou as sy raadgewer kon optree?" (Romeine 11:33-34 NLV).
Soms dink ons ons is ten volle in beheer van hoe ons lewens moet verloop. Ons gebruik kalenders en lysies om tred te hou met al ons aktiwiteite. Ons snuffel op die internet rond om ons volgende vakansie of verjaarsdagpartytjie te beplan. In ons gedagtes sien ons reeds waar ons wil wees, wat ons volgende wil doen en hoe ons planne uitspeel.
Al is ons hoe slim en hoe georganiseerd – niemand van ons kan egter die toekoms beheer nie. Niemand van ons weet presies wat die gevolge van ons keuses gaan wees nie. Ons kennis en wysheid is beperk, want ons is net mense.
Ons dien egter ’n God wat alles weet (Romeine 11:33-34). Sy planne vir ons is goed en reg (Jeremia 29:11). Sy wil vir ons is “goed en aanvaarbaar en volmaak” (Romeine 12:2 NLV). Hy weet presies wat jy op enige gegewe tydstip in jou geloofsreis nodig het om te bly groei. In plaas daarvan om vas te klou aan ons toekomsdrome en -planne kan ons maar glo en vertrou dat God weet wat die beste vir ons is.
Aangaande hierdie leesplan

Jy wil sekerlik hê jou geloof moet groei? Net soos wat silwer in ’n oond gesmelt moet word om dit te laat blink, laat die Here soms toe dat ons swaarkry om ons geloof te versterk. Joanna Teigen herinner jou egter in hierdie 7-dag-leesplan dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. God is elke dag saam met ons in hierdie groeiproses!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us