Groei in geloofVoorbeeld

Suiwer geestelike melk
"Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes" (1 Petrus 2:2 NLV).
Ons is soos “geestelike babas” wanneer ons Jesus vir die eerste keer begin volg. Om as gelowiges volwasse te word, het ons geestelike “melk” nodig – die Bybel, gebed en die gewoonte om te doen wat goed en reg is. Die Bybel help ons om verstandelik te groei in kennis en begrip van wie God is. Gebed bring ons naby aan God se liefdevolle omhelsing wanneer ons ons gevoelens, behoeftes en vrae met ons Vader deel. Deur gehoorsaamheid te oefen, word ons geestelik fiks en kan ons die versoeking om te sondig beter weerstaan. Die Here gee vir ons alles wat ons nodig het om ons lewensdoel te bereik en geestelik gesond te wees sodat ons niks sal kortkom nie (Jakobus 1:4).
Wat kies ons vandag om te eet? Smag ons na die voedsame geestelike melk wat die Here vir ons bied – of bly ons sluk aan die “leë, misleidende filosofieë” van die wêreld wat ons honger en onversadig laat (Kolossense 2:8, NLV)? Kom ons ontvang vandag God se suiwer geestelike melk. Proe gerus en sien hoe wonderlik dit is!
Aangaande hierdie leesplan

Jy wil sekerlik hê jou geloof moet groei? Net soos wat silwer in ’n oond gesmelt moet word om dit te laat blink, laat die Here soms toe dat ons swaarkry om ons geloof te versterk. Joanna Teigen herinner jou egter in hierdie 7-dag-leesplan dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. God is elke dag saam met ons in hierdie groeiproses!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us