Groei in geloofVoorbeeld

Volg my voorbeeld
"Volg my voorbeeld en hou julle oë op die mense wat volgens ons voorbeeld lewe" (Filippense 3:17 NLV).
ʼn Bouer het ’n behoorlike bouplan nodig om ’n stewige huis te kan bou. Jong danseressies boots die postuur en grasie van ervare ballerinas na. ’n Afrigter wys sy spelers presies hoe om ’n bal op die veld te beheer. Om te leer en te groei, het ’n mens die voorbeeld van kenners en vakkundiges nodig om iets rég te leer doen.
Dieselfde geld vir gelowiges wat in hulle geloof wil groei. Hoe weet ’n mens hoe gehoorsaamheid lyk? Wat beteken dit om jou naaste lief te hê? Hoe moet ’n mens die Bybel interpreteer? Die Here gee vir ons volwasse Christene wat soos Jesus leef as voorbeeld om te volg (Filippense 3:17).
Wie se voorbeeld volg jy vandag? Wie motiveer jou om dapper jou vrese trompop te loop en op God te vertrou? Watter mense rondom jou se gewoontes bewonder jy? Na wie se woorde van wysheid en bemoediging luister jy? Hoe hanteer ander mense swaarkry en versoeking? Bid vir oë wat ware geloof by ander mense sal raaksien en herken as godgegewe geskenke.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Jy wil sekerlik hê jou geloof moet groei? Net soos wat silwer in ’n oond gesmelt moet word om dit te laat blink, laat die Here soms toe dat ons swaarkry om ons geloof te versterk. Joanna Teigen herinner jou egter in hierdie 7-dag-leesplan dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. God is elke dag saam met ons in hierdie groeiproses!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us