Groei in geloofVoorbeeld

Groei in geloof

DAG 4 VAN 7

Fokus op jou seëninge

"Moses het die volk toe weggelei van die Rietsee af. Hulle het na die Surwoestyn getrek. Drie dae lank het hulle deur die woestyn getrek en geen water gekry nie. Toe hulle by die plek Mara kom, was daar uiteindelik water. Die water was egter brak en hulle kon dit nie drink nie. Dit is hoekom die plek Mara genoem is. Die volk het toe by Moses gaan kla: 'Wat moet ons dan drink?'” (Eksodus 15:22-24 NLV).

Daar is baie dinge wat ’n mens se dag sommer kan omkrap, en dit hoef nie eers noodwendig iets groots te wees nie – soms is ’n onvriendelike persoon of ’n ongeduldige motoris genoeg om jou te laat kla oor alles.

Kla ons meer as wat ons dankbaar is? Neem ons ons probleme in gebed na die Here toe, of kerm en kla ons net daaroor? Kan ons elke dag se porsie swaarkry aanvaar saam met die baie seëninge wat ons ook ontvang?

As alles maklik was en ons altyd ons sin kon kry, sou ons nooit leer om te wag nie, sou ons nooit erken hoe die Here werklik voorsien en help nie. Ons geloof sou klein bly en ons sou waarskynlik ophou bid. Ons sou nooit ontdek hoe waar die beloftes in die Bybel werklik is nie. Die Here gebruik uitdagings en probleme om ons te leer om op Hom te vertrou. Dit is wat met die Israeliete in die woestyn gebeur het in Eksodus 15. God bewys deur hierdie dinge aan ons hoe getrou en liefdevol Hy altyd bly.

Aangaande hierdie leesplan

Groei in geloof

Jy wil sekerlik hê jou geloof moet groei? Net soos wat silwer in ’n oond gesmelt moet word om dit te laat blink, laat die Here soms toe dat ons swaarkry om ons geloof te versterk. Joanna Teigen herinner jou egter in hierdie 7-dag-leesplan dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. God is elke dag saam met ons in hierdie groeiproses!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us