Groei in geloofVoorbeeld

Deur vuur gesuiwer
"'Vat vier groot waterkruike, maak hulle vol water en gooi dit uit oor die offer en die hout.' Nadat hulle dit gedoen het, sê hy: 'Doen dit weer!' Hulle maak toe so, maar hy sê: 'Doen dit ’n derde keer!' Onmiddellik het daar vuur van die Here gekom en die offer verbrand, asook die hout, die klippe en die grond. Dit het selfs die water in die sloot opgedroog!" (1 Konings 18:34 en 38 NLV).
Die Bybel noem God ’n “verterende vuur" (Hebreërs 12:29 NLV) – niks kan staande bly voor Hom nie. Hy is die enigste ware God en sal uiteindelik die bose heeltemal oorwin: “Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom, die dag waarop die Here die hemele aan die brand sal steek en die hemelliggame in vlamme sal wegsmelt. Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe” (2 Petrus 3:12-13 NLV).
Die Here word ook vergelyk met “vuur wat metaal suiwer” (Maleagi 3:2 NLV). Net soos wat silwer in ’n oond gesmelt moet word om dit te laat blink, laat die Here soms toe dat ons swaarkry om ons van sonde te suiwer en om ons geloof te versterk.
’n Verterende vuur verwoes alles wat boos is. ’n Vuur wat suiwer, skep uiteindelik skoonheid en perfeksie. Ons God is liefdevol en goed – en die vlam van sy heerlikheid brand vir ewig helder en warm.
Aangaande hierdie leesplan

Jy wil sekerlik hê jou geloof moet groei? Net soos wat silwer in ’n oond gesmelt moet word om dit te laat blink, laat die Here soms toe dat ons swaarkry om ons geloof te versterk. Joanna Teigen herinner jou egter in hierdie 7-dag-leesplan dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. God is elke dag saam met ons in hierdie groeiproses!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us