Groei in geloofVoorbeeld

Reëls en dissipline
"'Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is; Hy tug elkeen wat Hy as sy kind aanneem.' Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ’n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gedissiplineer is, ’n vredevolle oes oplewer van ’n lewe volgens die wil van God" (Hebreërs 12:6 en 11 NLV).
Niemand hou daarvan om voorgesê te word nie. Ons sal liewer sosiale media dophou as om te werk of betyds te gaan slaap. Ons bestee eerder geld op luukshede as om vir ander te sorg. Dis baie makliker om te sê en te doen wat ons wil as om na iemand in ’n gesagsposisie te luister. Dit is dan wanneer reëls en dissipline belangrik word. Dit help ons om gesond te bly, ons doelwitte te bereik en met ander mense oor die weg te kom.
Een manier waarop die Here sy liefde aan ons wys, is deur grense – en gevolge. Hy sal moeilike mense oor ons pad bring sodat ons kan leer om geduldig en genadig te wees. Hy sal ons laat verloor of misluk sodat ons kan leer om nederig te wees. Die Here doen wat nodig is om ons te help groei (Hebreërs 12:7-8).
Is ons bereid om die Here se dissipline en teregwysing te aanvaar? As die antwoord ja is, sal ons bly groei en al hoe meer soos Jesus lyk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Jy wil sekerlik hê jou geloof moet groei? Net soos wat silwer in ’n oond gesmelt moet word om dit te laat blink, laat die Here soms toe dat ons swaarkry om ons geloof te versterk. Joanna Teigen herinner jou egter in hierdie 7-dag-leesplan dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. God is elke dag saam met ons in hierdie groeiproses!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us